
=====================================================================
Nederlands wil Kaaps raakvat (AV 5:2)
=====================================================================

Inhoudsoorsig


Nederlands wil Kaaps raakvat

Peter Snyders   het op 'n besoek aan die buiteland op die oor ervaar dat ander tale ook variante het wat totaal van die standaardtaal 
verskil, soos Kaaps van Standaardafrikaans.

IN Basel, Switserland, let ek dadelik op dat die Switsers groet met Gruezi. "Ek dog julle praat hier Duits," s ek vir my vriendin 
Florence.

"Dis Switserduits," s sy.

Gelukkig hoef ek nie my eie geroeste Duits te gebruik nie, want Florence doen al die pratery.

Een oggend kom die familie se Grossvater en Grossmutter die kinders besoek. Hulle praat langer as 'n uur met my Switserduits.

Ek het Xandra Bolliger,   'n Afrikaanse skrywer-in-wording van die Kaap wat nou in Basel woon -- sy is Florence se suster -- oor hierdie 
Switserse vorm van Duits uitgevra.

Xandra s: "Omtrent nie een woord is dieselfde nie, behalwe kleure. Woorde wat lyk of hulle dieselfde as in Duits is, het 'n ander 
betekenis in Switserduits. 'n Duitser kan seker die betekenis uit die verband begryp."

Hier is 'n paar voorbeelde van die interessante verskil tussen die twee soorte Duits.
Duits Switserduits
Guten Tag       Gruezi.
Kchenkasten (kombuiskassie)    Chuchichastli, soos dit op die oor oorkom (spreek uit: goegiegastli).
Blmlein        Bluemli (spreek uit: Bleemli).
Ich liebe dich  I ha' di gern (Ek het jou lief).

Interessantheidshalwe, Xandra se kinders (5 en 7 jaar) wat in Basel gebore is, praat vlot Afrikaans, Switserduits met die bure en leer 
Duits in die skool.

Switsers en Duitsers praat nie graag Engels met 'n mens nie, al sien hulle jy sukkel met Duits. Ek praat nou van op stasies en in treine en 
kafees.

In Zwevegem naby Kortrijk in Wes-Vlaandere het ek aangekom 'n paar dae n Andr P. Brink daar opgetree het. Toe Brink vra of hy in 
Afrikaans of Nederlands moet praat, wou almal hom in Afrikaans hoor. Hulle kon nie uitgepraat raak oor hoe lekker Brink gepraat en hoe 
maklik hulle hom verstaan het nie.

Tog het hulle my nie so goed verstaan nie. Hulle het my ook gou laat weet dat dit my dialek is wat vreemd is vir Vlaandere. Ek moes vinnig 
leer om stadig te praat en my register meer Standaardafrikaans te maak. Dit het my voorberei om later met Nederlanders beter te 
kommunikeer.

Wat die vertaling in Nederlands van gedigte uit my twee bundels betref, het Jan Deloof, die vertaler, al in 1982 etlike gedigte van my in   
Kruispunt in Brugge gepubliseer. Die titel van die spesiale uitgawe was Skryf asseblief terug. Destyds het Deloof die gedigte in Afrikaans 
gepubliseer, maar 'n verklaring van vreemde woorde bygevoeg.

Met die onlangse vertaling van my gedigte in Nederlands het Jan Deloof al klaar 'n gevoel vir die Kaapse idioom gehad. Ons het lank 
gekommunikeer terwyl ek verduidelikings op al sy vrae gegee het. Tog wou hy nie my werk per se vertaal nie. Myns insiens het Deloof die 
prosa-element van die gedigte behou en gehoop die dieper lae sou bespeur word of identifikasie sal plaasvind.

Deloof self skryf: "Er zijn gedichten bij die zich zonder veel moeite van Kaapstad naar bv. Antwerpen laten overplaatsen. Ik denk aan Ek is 
oek important: Zo 'n straatveger kan ook hier presies hetzelfde zeggen. Maar een gedicht als Maar toe kom toekoms is zo specifiek Afrikaans 
dat je daar in het Nederlands heelwat uitleg bij moet geven.

"Een andere vaststelling betreft de taal. Waar jij goochelt met een mengtaal Afrikaans-Engels kan de vertaler naar het Nederlands niks 
tegenover stellen. Natuurlijk is de taalsituatie in Brussel wel enigzins vergelijkbaar -- daar met de vermenging van Nederlands en Frans -- 
maar als je dat gaat doen, plaats je meteen het hele gedicht over naar Belgi, meer bepaald naar de volkswijken van Brussel en je geeft het 
een lokale kleur die het origineel niet heeft."

Ek het self probleme ondervind met die vertaling van 'n paar van my gedigte. Sommige gedigte kon slegs werk as hulle in 'n dialek vertaal 
is, bv. Of hoe? In Nederlands mis die vertaling die ironie, want die persona wat iemand anders maan om nie in die dialek te praat nie, 
praat self in die dialek. In 'n ander gedig, Waarskynlike mens, is daar twee sprekers: die een praat Kaaps, die ander Afrikaans. Met 'n 
suiwer Nederlandse vertaling verdwyn die Kaapser en die dieper dimensies van die gedig.

Ek het 'n oefenlopie met Of hoe? gedoen. 'n Vriend het die gedig in Brabants (Antwerpse dialek van Nederlands) vertaal. Skielik ontbloot 
die gedig toe die ironie. Die jammerte is dat net diegene wat Brabants ken, die vertaling sal verstaan.

Dit sou onprakties wees om 'n gedig in Kaapse Afrikaans in sy geheel in 'n dialek van Nederlands te vertaal, veral as min mense dit dan sal 
kan verstaan. Ek reken 'n mens moet eerder aan "merkers" dink, dit wil s 'n paar Nederlandse dialekwoorde wat net aandui dat iemand 'n 
dialek praat.

In die vertaling uit een taal in 'n ander sal altyd iets verlore gaan. Om 'n dialek te vertaal skep nie net probleme nie, maar ook 
opwindende uitdagings en moontlikhede.

Ek dink ek sou graag 'n "uitvoerende rol" wou speel voor enige vertaling van my werk vorentoe verskyn, net om seker te maak dat nie te veel 
verlore gaan nie.

Hier is twee gedigte in die oorspronklike Kaapse Afrikaans en in die Nederlandse vertaling.

Of hoe?

Moetie rai gammattaal gebrykie;
dit issie mooi nie:
dit dieghreid die coloured mense --
of hoe?

wat traai djy
    om 'n coloured culture te create?
of dink djy is snaaks
    om soe te skryf?
of hoe?

Traai om s lieweste op te lig,
s praat mossie soe nie ...?
of hoe?

Of niet soms?

Schrijf toch niet in dat koeterwaals;
dat is niet mooi:
het haalt de kleurlingen omlaag
of niet soms?

Wat probeer je toch?
    een kleurlingcultuur te creren?
of denk jy dat je grappig bent
    door zo te schrijfen?
of wat?

Probeer liever ons te verheffen;
we praten immers niet op die manier ...?
of wel soms?

Moedertaal

Kind, as djy wil regte Afrikaans praat,
doenit!
Dis waam mamma jou lat opleerit;

kritisaais skrywers wat skryf
    soes mamma praat,

maar moenie ve'wag
mamma moet nou change nie.

Moedertaal

Kind, wil je Algemeen Beschaafd gaan praten,
doe het!
Daarvoor heeft mama je laten leren;

hekel schrijvers die schrijven
    zoals mama praat,

maar je mag niet verwachten
dat mama zal veranderen.

Peter Snyders   is skrywer-digter.

Terug na bo

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av5218.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999     Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- April 1998 /// Afrikaanssprekendes, word onmisbaar! (AV 5:2) /// Ywer 
uit onverwagte oord (AV 5:2) /// Produktiewe aksies moet daaruit voortkom (AV 5:2) /// Leeskring-inspirasie (AV 5:2) /// Een bre 
Afrikaanse front (AV 5:2) /// Die antwoord op: Hoe leer ek Afrikaans? (AV 5:2) /// Op die stoep gaan hulle skater van plesier (AV 5:2) /// 
Afrikaans: 'n nuttige stuk gereedskap (AV 5:2) /// Afrikaans vir die Afrikane? (AV 5:2) /// Afrikaanse bewegings moet besin oor oogmerke 
(AV 5:2) /// 'n Woordlint van land tot land (AV 5:2) /// Afrikaans gryp uitdagings (AV 5:2) /// Hoe stewig is die handevat? (AV 5:2) /// 'n 
Gelukkige huis lok vele vriende (AV 5:2) /// In die ban van Karoo-Afrikaans (AV 5:2) /// Die wel en wee van 'n politieke tolk (AV 5:2) /// 
'n Reis van selfontdekking (AV 5:2) /// Nederlands wil Kaaps raakvat (AV 5:2) /// Taalvriendskap is nou moontlik (AV 5:2) /// 'n Briljante 
seun, Meyer (AV 5:2) /// Sonde met die Cravense bure (AV 5:2) /// PALJAS, paljas is die as nou af? (AV 5:2) /// Die smeerstorie (AV 5:2) 
///

